English website

Dalene Matthee (1938 2005)


Die skrywer Dalene Matthee, uit wie se pen 13 boeke verskyn het, is veral bekend vir haar vier "Bosboeke" wat in die Knysna-bos afspeel: Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.

Dalene is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en kortverhale, en pak haar eerste groot roman aan ná 'n staptog in die Outeniqua-staproete by Knysna. Haar nuuskierigheid oor die Bos lei tot 'n reis deur dié inheemse woude se verlede en verhale om só genoeg stof vir vier boeke bymekaar te maak.

Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in 'n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (4 maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (2 maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre Toekenning (postuum) bekroon. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.

Sy is op 20 Februarie 2005 oorlede en 'n gedenksteen is vir haar in die Knysna-bos opgerig. Hier is haar verhaal.



Click here for our English website

Dalene Matthee se boeke
Kringe in 'n bos
Fiela se kind
Moerbeibos
Toorbos
Die Judasbok
Om 'n man te koop
Brug van die esels
Susters van Eva
Pieternella van die Kaap
Die Uitgespoeldes
'n Huis vir Nadia
Petronella van Aarde
Die Twaalfuur-Stokkie
 
 
 



Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd en Anneri van der Merwe .


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2016.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions