Die storie van Dalene Matthee - Suid-Afrikaanse skrywer 13 Oktober 1938 - 20 Februarie 2005
Oorsig
Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kinderstories en kortverhale begin het, is sy vandag veral vir haar vier "Bosboeke" bekend: Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.
Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in 'n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (vier maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (twee maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre Toekenning (postuum) bekroon. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.
Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages. English website