English website

Fiela se kind

Opsomming

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons n kind aandoen nie.

Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, n weggooilam. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het.

Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Di vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry.

En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.



  • Fiela se kind is in Engels, Duits, Frans, Hebreeus, Nederlands, Sloweens en Sweeds vertaal.
  • Fiela se kind is suksesvol as 'n verhoogstuk, 'n musiekblyspel en 'n opera aangebied.
  • Fiela se kind is deur Katinka Heyns van Sonneblom Films as 'n film vervaardig.
  • Fiela se kind word in 1999 as Afrikaanse Boek van die Eeu aangewys in 'n meningsopname onder 350 biblioteke landwyd om die Top 100 Boeke te bepaal. JR Tolken was eerste, Fiela se kind in die tweede plek en Kinge in 'n bos in die derde plek.
  • Exclusive Books het in 2007 'n lys van 101 Books to Read Before You Die aangekondig. Slegs drie Afrikaanse boeke het hierdie lys gehaal, en dit sluit Kringe in 'n bos en Fiela se kind in.





Kringe in 'n bosKringe in 'n bos
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer ... lees meer
Fiela se kindFiela se kind
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, n weggooilam ... lees meer
MoerbeibosMoerbeibos
In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur ren, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het ... lees meer
ToorbosToorbos
Dit is die storie van n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry ... lees meer


Wat s die media?

"Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by haar kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom."
André P. Brink, Rapport

"The communities on the edge of Africa a hundred years ago, the forest world where the elephants walk their ancient paths and the wild waters of the Indian Ocean come alive to her touch, making this novel everything a novel can be: convincing, thought-provoking, upsetting, unforgettable and timeless."
Grace Ingoldby, New Statesman

"Fiela's Child is a parade that broadens and humanizes our understanding of the conflicts still affecting South Africa today."
Francis Levy, New York Times Book Review

"A powerful creation of time and place with dark threads of destiny and oppression and its roots in the almost Biblical soil of a storyteller's art."
Christopher Wordsworth, The Guardian

"The characters in the novel live and breathe; and the landscape is so brightly painted that the trees, birds, elephants, and rivers of old South Africa are characters themselves. A book not to miss."
Kirkus Reviews

"Holds the reader like a first-rate thriller . this haunting novel is a triumph."
Standard




Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website

Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2010.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions