 | Kringe in 'n bos
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer ... lees meer |
 | Fiela se kind
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ´n weggooilam ... lees meer |
 | Moerbeibos
In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reën, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het ... lees meer
|
 | Toorbos
Dit is die storie van ´n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry ... lees meer
|
 | Die Judasbok
Hiermee het Dalene in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want 25 jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit ... lees meer
|
 | Om 'n man te koop
Die verhale is almal helder, die inhoud is vars - aan die ongewone kant. Hoewel dit meestal die liefde tot tema neem, is daar ´n ryke verskeidenheid ... lees meer
|
 | Brug van die esels
Vir Araminta Rossouw het diamante ´n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels ... lees meer
|
 | Susters van Eva
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in ´n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebôre is? ...lees meer
|
 | Pieternella van die Kaap
Die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is ...lees meer
|
 | Die Uitgespoeldes
Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom dié knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? ...lees meer
|
 | 'n Huis vir Nadia
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na ´n plek vir seuns in die Oos-Kaap ...lees meer
|
 | Petronella van Aarde
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim ...lees meer
|
 | Die Twaalfuur-Stokkie
Dié kinderboek, wat in 1970 verskyn het, vertel die storie van Doeksie wat eende moet oppas en om 12:00 by die huis moet wees. Maar wanneer is dit 12:00? Dan leer Doeksie om na die skaduwee van 'n stokkie te kyk om te weet wanneer sy by die huis moet wees ...lees meer
|