English website

Kringe in 'n bos

Opsomming

Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul - Oupoot - wat losbreek van sy trop ... Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle . In die groen skemerwreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer - saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.

In Kringe in 'n bos het Dalene Matthee haar bemoei met bewaring en haar sterk uitgespreek teen die roekelose verwoesting van die inheemse bos. Maar sy het ook die stryd aanges teen die hartelose uitbuiting van die minderbevoorregtes, die ongeletterdes: die bosmense in besonder, maar nie net hulle nie. Houdings en verhoudings is belangrike onderdele van haar werk.



  • Kringe in 'n bos is in Engels, Portugees, Nederlands, Frans, Yslandies, Spaans, Hebreeus, Duits, Sweeds, Italiaans, Fins en Noorweegs vertaal.
  • Exclusive Books het in 2006 'n lys van 101 Books to Read Before You Die aangekondig. Slegs drie Afrikaanse boeke het hierdie lys gehaal, en dit sluit Kringe in 'n bos en Fiela se kind in.
  • Kringe in 'n bos is ook deur Philo Pieterse Produksies in 'n film verwerk as Circles in a Forest.
  • Kringe in 'n bos is in Braille en op band vir gesiggestremdes beskikbaar.



Daar is 'n spesiale Kringe in 'n Bos / Circles in a Forest toer in wat op Dalene Matthee se gelyknamige boek gegrond is. Om meer inligting te kry KLIEK HIER, stuur e-pos aan forestguidedtours@gmail.com, of skakel 073 3636 522.



Kringe in 'n bosKringe in 'n bos
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer ... lees meer
Fiela se kindFiela se kind
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, n weggooilam ... lees meer
MoerbeibosMoerbeibos
In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur ren, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het ... lees meer
ToorbosToorbos
Dit is die storie van n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry ... lees meer


Wat s die media?

"Hier gebeur iets in Afrikaans . 'n Roman met 'n breedte en 'n diepte en 'n verskeidenheid en 'n wysheid wat 'n hele loop deur ons prosa kom loop."
André P. Brink, Rapport

". ongetwyfeld een van die leesbaarste en genietlikste romans wat nog in Afrikaans verskyn het."
J P Smuts, Die Burger

"Saul Barnard is 'n unieke figuur in ons letterkunde . Die gebeure gryp jou aan sodat jy weet dat jy nooit weer Knysna se wreld sal verbyry sonder om aan hierdie mense en hulle swaarkry te dink nie."
Elsa Joubert, Die Vaderland

"Part romance and part an adventure story . a haunting work"
Daily Express

"Circles in a Forest has the fervor and the passion of a Thomas Hardy or D.H. Lawrence novel, and much of the lush evocation of the wild those authors displayed."
New York Times Book Review

"It's a story of subtly linked circles . also richly evocative of the beauty, mystery and terror of the African woodlands."
Publishers Weekly

"Matthee has produced a masterpiece of fiction in protest against wanton destruction of land resources and wildlife and against the exploitation of the uneducated."
Kansas City Star

"As rich and deep and dark and luminous as the forest world she so generously evokes"
André P. Brink

Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website

Foto's van hierdie webwerf mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Foto's © Hylton Herd.


Amptelike webwerf van Dalene Matthee.
Alle regte voorbehou.
Kopiereg © Dalene Matthee (Edms) Bpk 2010.

Website designed and hosted by
S2 Web Solutions