Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na ´n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle ´n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk. "Shame," het ´n vrou gesê. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy´s my boetie."
Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag ´n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer ´n plekkie in die lewe te vind, ´n veilige hawe. Maar wat maak ´n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra – soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al sê Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit ´n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.
'n Huis vir Nadia
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na ´n plek vir seuns in die Oos-Kaap ...lees meer
Petronella van Aarde
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim ...lees meer
Wat sê die media?
"Sy was een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans. Met haar boeke het sy die Afrikaanse publiek weer aan die lees gekry en is 'n suksesvolle brug geslaan tussen gehalte- en populêre lektuur."
Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers
Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages. English website