Pieternella van die Kaap
Opsomming
Die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is. Teen hul sin word die veertienjarige Pieternella en haar jonger broer, Salomon, na voogouers op Mauritius gestuur - 'n ontstuimige seereis wat die aanloop is van baie ontberinge. Dié historiese roman gee 'n nuwe perspektief op die wrede vroeë geskiedenis van Robbeneiland, asook van die destydse strafkolonie Mauritius. Pieternella van die Kaap is die resultaat van drie jaar se intensiewe navorsing.
- Pieternella van die Kaap is in Engels vertaal.
- Hottentotte 'was dié Kapenaars', Die Burger, 12 April 2000
- Navorsing help oortuigende beeld van tydperk skep, Die Burger, 24 Mei 2000
- Dalene Matthee terug met nuwe verrassings, Rapport, 16 April 2000
- Nuwe Matthee-roman dis geskiedenis as smulmaaltyd op, Rapport, 14 Mei 2000
- 'n Waardering van Dalene Matthee se werk, Lesing deur Franklin Sonn, 11 April 2000
 | Brug van die esels
Vir Araminta Rossouw het diamante ´n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels ... lees meer
|
 | Susters van Eva
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in ´n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebôre is? ...lees meer
|
 | Pieternella van die Kaap
Die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is ...lees meer
|
 | Die Uitgespoeldes
Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom dié knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? ...lees meer
|
|
|
Wat sê die media?
Die aangryplike van die roman is die sensitiewe wyse waarop nuwe historiese werklikhede met die eg menslike bestaanstryd verweef word ... trouens dit is die storie van Suid-Afrika van toe en van nou.
Franklin Sonn, by bekendstelling
"Hierdie lywige roman is 'n bonusboek ... Jy kry in die fynste sensuele besonderhede 'n helder indruk van hoe elke sektor in die samelewing. in die sosiale prentjie van die tyd gepas word, en Matthee sit dit in fyn porselein voor as 'n smulmaaltyd ..."
Barry Hough
"Die skrywer se vermoë om karakters te skep met wie lesers kan identifiseer, en 'n verhaal waarin onsekerheid oor hul lotgevalle die leser kan laat naels byt, maak dit 'n roman wat by 'n wye groep lesers aanklank sal vind."
Willem Burger, Kalahari.net
"Matthee slaag daarin om hierdie historiese vertellings as roman menslik oortuigend en nuut te laat klink ... Die verhaal span 'n boog: die gedwonge vaart na die ban-eiland en dan weer die gedwonge vaart terug na die Kaap."
Henriette Grové, Boeke-Beeld
|
Dalene Matthee, South African author of 13 books, is well known for her four "Forest Books" set in the Knysna Forest. Her books have been translated into 14 languages.
English website
|
|