Dalene Matthee

(1938 – 2005)

Die skrywer Dalene Matthee, uit wie se pen 13 boeke verskyn het, is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.

Dalene is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en kortverhale, en pak haar eerste groot roman aan ná ‘n staptog in die Outeniqua-staproete by Knysna. in…

  • Bosboeke

    Dit was die besonderse bekoring van die Outeniqua-bos wat haar na haar grootste sukses gelei het. …

  • Kortverhale

    Sy het op deeglike, verantwoorde, en soms opwindende manier die kortverhaalkuns bemeester …

  • Romans

    Sy het 'n betekenis, menslikheid en siel aan die bosbewoners bestaan gegee …

  • Populêre romans

    As jong moeder en tuisteskepper het syhaar hand gewaag het aan kortverhale …

Dalene Matthee Boeke

  • Kringe in ‘n bos
  • Fiela se kind
  • Moerbeibos
  • Toorbos
  • Die Judasbok
  • Om ‘n man te koop
  • Brug van die esels
  • Susters van Eva
  • Pieternella van die Kaap
  • Die Uitgespoeldes
  • ‘n Huis vir Nadia
  • Petronella van Aarde, burgemeester
Want oral in ons lê sade wat op ontkieming wag, sade wat ons nie altyd verstaan nie. Goeie sade, slegte sade - hang af watter een ons die meeste water gee.
- Dalene Matthee, Die uitgespoeldes

Die Dalene Matthee Big Tree

Die groot Outeniqua-geelhoutboom by Krisjan-se-Nek is tydens die inhuldiging van die gedenksteen na die Dalene Matthee Big Tree vernoem. …

Kringe in 'n Bos staproete

Volg een van die staproetes en ervaar die bos eerstehands. Daar is twee roetes wat by Krisjan-se-Nek begin - een van 3 km (sowat 1,5 uur) en een van 9 km (sowat 3 uur). …

Gedenksteen

Dalene Matthee is onverwags op 20 Februarie 2005 aan hartversaking op Mosselbaai oorlede. Haar laaste rusplek is by Krisjan-se-Nek, een van haar mees geliefde plekke in die Knysna-bos. Haar as is dan ook hier gestrooi. Ná Dalene se dood het mnr Kitto Erasmus, voormalige streekdirekteur van Omgewingsake, aan die Matthee-familie voorgestel dat hulle 'n gedenksteen vir Dalene in haar geliefde Knysna-bos oprig.