- Volg die N2 vanaf George na Knysna. Neem die Rheenendal-afdraai 15 km voor Knysna.
- Volg die roete vir sowat 20 km tot jy deur Rheenendal is.
- Net ná Rheenendal is daar ‘n Bibby’s Hoek- en Goudveld-afdraai. Draai regs.
- Volg die grondpad tot by die vierrigtingstop. Net na die vierrigtingstop is daar ‘n beheer- en betaalpunt. Krisjan-se-Nek en die gedenksteen is sowat 4km van hierdie punt.
- GPS-koördinate: S33°91’67” E 22°95’77”