Dalene Matthee is op 20 Februarie 2005 in haar slaap oorlede. Só het ander skrywers oor haar geskryf:
Die Burger, 21 Februarie 2005
- Abraham H. de Vries het gesê:
“. As daar nou iemand is oor wie die hele Suid-Afrikaanse skrywersgemeenskap vandag treur, is dit Matthee. Die stem van een van die heel beste storievertellers is dood. Net sy sou daardie bosverhale kon skryf, niemand anders sou kon nie.” - Die skrywer Elsa Joubert beaam dit.
“Sy het dit reggekry dat mense wat nooit Afrikaans lees nie, Afrikaans lees, en dit is ‘n wonderlike bydrae.” - Die letterkundige Wium van Zyl meen sy was soos Langenhoven.
“Soos hy het sy iets vir die intellektuele leser en vir die gewone leser gebied. Sy het die leser blootgestel aan verskeie problematieke. Sy was ‘n ekologis en ‘n milde feminis wat met aandag en respek na die arm mens gekyk het.” - Die skrywer André P. Brink meen Matthee was een van
“die werklik beduidende stemme in die Afrikaanse letterkunde”. - Erns Grundling:
“Sy was die JK Rowling van die Afrikaanse boek …”
Insig, Mei 2005
- Charles Fryer:
Dalene (‘n afstammeling van die skrywer sir Walter Scott) was waarskynlik die mees geliefde skrywer naas Langenhoven in Afrikaans. Na haar skielike dood het ‘n gevoel van volslae ongeloof onder haar aanhangers geheers. Met haar vitale teenwoordigheid was hierdie oervrou, hierdie wyse “ou siel”, ‘n tydlose mens.
Dalene Matthee: Vriende bring hulde
Nou is Dalene (66) dood, skielik voorverlede Sondagoggend in haar slaap in ‘n kliniek in Mosselbaai aan hartversaking. Maar haar boeke wat in veertien tale vertaal is, leef voort … Die bos se stem raak stil