Dalene Matthee

Populêre romans

Dalene Matthee se tydskrifverhale vir Die Huisgenoot en Sarie Marais dateer uit die sestiger-en sewentigerjare, toe sy, volgens die beskrywing op die agterplat, as “jong moeder en tuisteskepper” op die platteland – Oudtshoorn, Darling en Graaff-Reinet – “haar hand gewaag het aan kortverhale” vir die tydskrifmark.

Die verhale dateer dus uit ‘n nog vroeer tydperk as die romans ‘n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, burgemeester (1983), waarna die skryfster glo as haar “jeugmisdade” verwys het (ook soos op die agterplat).

  • ‘n Huis vir Nadia
  • Petronella van Aarde, burgemeester