Dalene Matthee

Kinderstories

Gedurende die gesin se verblyf op Darling begin Dalene kinderverhale skryf vir die radioprogram Siembamba om die gesin se inkomste aan te vul. Sy het die kinderverhale eers vir haar kinders gelees voordat sy dit aan die SAUK voorgelê het. As hulle aandagtig tot aan die einde van die storie geluister het, het sy geweet dat dit sou werk. Sodra enige van die kinders begin vroetel het, het sy geweet dat dit oorgeskryf moet word.

Haar eerste boek is in 1970 gepubliseer, en dit was die kinderverhaal getiteld Die Twaalfuurstokkie.