Volg een van die staproetes en ervaar die bos eerstehands. Daar is twee roetes wat by Krisjan-se-Nek begin – een van 3 km (sowat 1,5 uur) en een van 9 km (sowat 3 uur). Die moeilikheidsgraad is maklik tot gemiddeld, en is geskik vir enigeen vanaf ouderdom 5. Die roetes het voorheen as die Woodcutter’s Trail bekend gestaan, en is met die inhuldiging van die gedenksteen na die Kringe in ‘n Bos-roete vernoem.
Die roete neem jou na die hart van die inheemse bos en loop verby Outeniqua-geelhoutbome wat honderde jare oud is, boomvarings wat 3 meter hoog staan, waterstroompies, die mooiste swamme en baie meer. En as jy gelukkig is, sal jy ‘n loerie sien.
Daar is ‘n spesiale Kringe in ‘n Bos / Circles in a Forest toer in wat op Dalene Matthee se gelyknamige boek gegrond is. Om meer inligting te kry skakel vir Hardy Loubser by Tel 071 181 5507 of stuur e-pos aan hardyloubser@gmail.com