Dalene Matthee

Susters van Eva

Opsomming
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in ´n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebôre is? Hierdie vrae spook by die vroue op die Rôeveldse plase in Grootberg-se-Kloof terwyl Jessie by ´n bobbejaantrop skuil om speurders te ontwyk.

Haar verdwyning kwel ook die mans, want Jessie se aardse vroulikheid het elkeen van hulle kwesbaar gemaak. Deur die oë van vier vroue ontvou die verhaal van Jessie en Ses se saamwoon in liefde en haat, en van die geheime en hunkeringe in die vrouelewens waarmee hare verweef geraak het.

  • Dalene se persoonlike gunsteling van al haar boeke was Susters van Eva.
  • Susters van Eva is as ‘n verhoogstuk opgevoer.
  • Susters van Eva is in Braille en op band vir gesiggestremdes beskikbaar.

Artikels

  • Brug van die esels
  • Susters van Eva
  • Pieternella van die Kaap
  • Die Uitgespoeldes